Vir die Kock-familie van Louis Trichardt het die nuus van die dood van die 44-jarige André Kock net ná 20:00 Sondagaand as groot skok gekom. André is bietjie meer as 'n week vantevore in die Tshilidzini Hospitaal opgeneem ná 'n ernstig motorfietsongeluk.
Die ongeluk waarin André beseer is, het Vrydagmiddag (28 Junie) in Kroghstraat, Louis Trichardt, plaasgevind. Hy het gou met sy motorfiets gery om sy hamburgers, wat hy by die Dopperkuierkafee bestel het, te gaan afhaal. André het vanu...