Familie en vriende het die afgelope week swaar afskeid geneem van 'n oud-inwoner van Louis Trichardt, Herman "Harry" Pretorius, wat op Maandag, 27 November, in die ouderdom van 64 jaar oorlede is. Hy en sy familie was ook vir net meer as 'n dekade bekende gesigte op Levubu gewees.
Alhoewel Harry, soos hy alombekend was, ten tye van sy afsterwe in Polokwane woonagtig was, was hy in murg en been 'n boorling van die Soutpansberg. Hy is 16 September 1959 op Louis Trichardt gebore, waar hy ...