Een van die interessantste byvoegings tot die Zoutpansberger se nuwe webtuiste is die foto-argief. Dit bevat ’n skatkis van herinneringe wat bykans drie dekades terugdateer.
Sedert die Zoutpansberger in 1985 begin het, was dit belangrik om nie net die nuus van die week vas te vang nie, maar ook om dit vir die nageslag te bewaar. Die eerste paar jaar was dinge dalk nog nie perfek georganiseer nie, maar daarna is baie moeite gedoen om die uitgawes te bind en te bewaar. Read more on our website