Laerskool Louis Trichardt het Vrydag, 14 Maart, hulle gewilde kaskardag ter fondsinsameling vir die skool aangebied. Die dag word allerweë deur die kinders as 'n jaarlikse hoogtepunt beskou - 'n dag van pret en plesier.
Die name van die kinders en klasse wat die meeste kaartjies verkoop het, asook die wenners van die kaartjies wat uitgeloot is, sal in 'n latere stadium bekend gemaak word. Wat reeds bekend is, is die klasse en spanne wat die meeste rondes voltooi het, en die meeste gees...