"Sy het almal om haar met soveel liefde en omgee hanteer. Niemand het ooit uit gevoel met mamma naby nie." So onthou Francis Halgreen van Louis Trichardt se kinders hul ma wat op Maandag, 1 September, in die ouderdom van 70 jaar oorlede is vanweë 'n beroerteaanval waarvan sy nie herstel het nie.
"Mamma was spontaan en beslis die Life of the Party gewees," sê haar kinders. As 'n moeder en ouma sal sy onthou word as 'n ma wat haar laaste sou gee vir haar kinders. Sy was betrokke...