Met Louis Trichardt nou al vir die derde agtereenvolgende week sit met droë krane weens die Vhembe Distriksmunisipaliteit (Vhembe) se onvermoë om water vanaf die watersuiweringsaanleg by die Albasinidam na die dorp te pomp, was daar Woensdag darem weer 'n belofte dat inwoners teen die naweek sal water hê. Inwoners is egter al daaraan gewoond dat Vhembe se beloftes meestal net so leeg is soos die dorp se krane.
Vhembe munisipale woordvoerder mnr. Matodzi Ralushai is gevra wat die jongst...