"Dit is met groot hartseer dat ek afskeid neem van Triegies. Ek het my werk baie geniet - dit was my passie. Ek gaan onderwys verskriklik mis." Só sê Sarita Botha, wat aftree ná 'n onderwysloopbaan van 34 jaar, met 33 daarvan by Hoërskool Louis Trichardt.
Sarita is in Wolmaransstad gebore en het aan die Hoër Handelskool in Pietersburg gematrikuleer. Sy het haar naskoolse studies by die Normaalkollege, Pretoria (NKP) voltooi.
Alvorens sy as onderwyser by Hoërskool Louis Trichardt...