Louis Trichardt se eerste krieketspan het Sondag, 27 Oktober, op hulle tuisveld in 'n dubbel-ronde stryd te staan gekom teen die Mohodi Krieketklub in die volgens reeks wedstryde in die provinsiale T20-krieketreeks. Na 'n goeie eerste wedstryd verloor Louis Trichardt se manne egter die tweede kragmeting op grond van die Duckworth–Lewis stelsel.
In hulle oggendwedstryd gaan Louis Trichardt in om eerste te kolf en teken 166 lopies aan voordat hulle uitgeboul word in 18.1 beurte. Die groo...