Fanie Havinga, voorsitter van TLU Limpopo, het Woensdag in ’n verklaring sy organisasie se frustrasie uitgespreek oor waarom daar weinig tot geen vordering deur die staat in die Cloete-moordsaak gemaak word nie.
“Dit is skokkend en onaanvaarbaar dat byna drie en ’n half jaar nadat ’n wrede plaasmoord gepleeg is, daar nog geensins enige wesenlike vordering in die saak plaasgevind het nie,” het Havinga gesê. Hy het verwys na die wrede moord op Louis (71) en Ina Cloete (65) van Levubu.
...