Die Soutpansberg se mense was bevoorreg om in die kennis van die "geskiedenis-kenner-egpaar" MC en Vicky Heunis van Bloemfontein te kon deel. Gaste het van sover as Pretoria en Rustenburg opgedaag.
Beide MC en doktor Vicky het Saterdag, 16 Augustus, praatjies by Lalapanzi Hotel gelewer. Dit is deur die Skermutseling Museum en -roete gereël – met die vriendelike samewerking van Lalapanzi Hotel. Vicky, werksaam by die Anglo-Boereoorlogsmuseum in Bloemfontein, was eerste aan die beurt. Sy...