Die twee personeellede van Soutpansberg Koelkamers wat op 15 Desember 2022 op klagte van diefstal gearresteer is, die 36-jarige Shannon Martin Venter en 46-jarige David Ntovholeni Makhani, is verlede Woensdag, 28 Augustus, in die hof op Louis Trichardt skuldig bevind.
Venter en Makhani is daarvan beskuldig dat hulle ekstra palette hoenderprodukte (waarvoor die maatskappy bekend is) gelaai het en vir eie gewin verkoop het. Die palette het nie op die maatskappy se amptelike papierwerk so...