Plaaslike gholfspelers het Saterdag, 10 Mei, die beste gemaak van die lekker sonskyn tydens die CMR Louis Trichardt Sentrum van Hoop se gholfdag by die Soutpansberg Gholfklub.
"Die weer was fantasties – soos 'n perfekte somersdag – en die gees was net so warm. Daar was gelag, gesonde mededinging en 'n gemeenskaplike doel: om 'n verskil te maak. Ons is eerstens dankbaar teenoor ons Skepper asook die geesdriftige gemeenskap van Louis Trichardt," het Chantel Steyn van die plaaslike CMR ge...