Die streek se skuts kon hul vernuf agter die roer weer demonstreer tydens die Kremetart-tak van die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging (BJV) se gewilde jaarlikse ghongskietdag. Die kompetisie is op 15 Maart vir die vyfde agtereenvolgende jaar aangebied, met Mopanie Game Safaris wat weer as gasheer opgetree het.
Die skuts se mik moes in die kol wees vir hierdie kompetisie waar daar op ghonge geskiet is oor afstande van 205 m, 320 m, 415 m, 490 m, 615 m, 720 m en 833 m. Die 1,00...