Die streek se baber-, tiervis- en kurperhengelaars kan hulself begin gereed maak vir 'n lekker visvangkompetisie by die bekende Schrodadam by Mapungubwe op Saterdag, 27 Januarie, ten bate van die NG Kerk Blouberg-gemeente.
Die kompetisie duur van 05:15 tot 12:00 (hekke open om 05:00) en deelname kos R200 per boot, R250 per hengelaar, R150 per toeskouer en 'n R100 vir kinders jonger as agt jaar. Die koste sluit 'n ontbytpakkie en worsbroodjie in. 'n Maksimum van 30 bote sal toegelaat wo...