Die jaarlikse Hanglip 54-toernooi, wat van 9 tot 11 Julie beslis is, het weereens 'n vol veld van 128 gholfspelers van regoor die land gelok.
Die Hanglip 54, wat vanjaar vir die 33ste keer aangebied is, is een van die Soutpansberg Gholfklub se vlagskipkompetisies wat hoofsaaklik op besoekende spelers gemik is. Vanjaar was daar weer 'n 50/50-verdeling van plaaslike en nasionale spelers van so ver as Klerksdorp en die Wes-Kaap.
Die kompetisie word oor drie dae in beterbal-Stableford...