Die gemeenskap van Louis Trichardt neem met groot hartseer afskeid van nog 'n geliefde oud-inwoner. Tannie Eleanor Botha is op Woensdag, 15 Julie, in die versorgingseenheid van Willow Haven in Pretoria oorlede nadat sy 'n reeks beroertes gehad het. Sy was 88 jaar oud gewees.
Haar afsterwe volg vyf jaar nadat sy haar geliefde eggenoot, oom André Botha, in Julie 2021 aan Covid-19-komplikasies verloor het.
Die egpaar was vir bykans 60 jaar inwoners van Louis Trichardt voordat hu...