Boodskappe van medelye het ingestroom met die nuus van die dood van 'n geliefde inwoner en onderwyser by die CVO Zoutpansberg, die 42-jarige Martie Schambriel.
"Ons almal se harte huil vandag…" het een van die boodskappe gelees ná Martie se dood op Saterdag, 14 Junie. Die CVO Zoutpansberg skoolgemeenskap, asook haar familie en almal wat haar geken het, is in rou.
Die skool bring hulde aan juffrou Martie, wat sedert 2017 haar plek by Tjoekepaf Kleuterskool vol gestaan het:...