Louis Trichardt se eerste rugbyspan se wenlopie in SA Rugby se nasionale Gold Cup-reeks het Saterdag, 5 Oktober, ten einde geloop ná 'n 70-6 nederlaag teen die manne van College Rovers in Durban. Vir die span bly dit egter 'n trotse oomblik om bloot in die Top 8-ronde van die reeks te kon deelneem, en die span het Sondag 'n helde-ontvangs buite die dorp van ondersteuners gekry met hul terugkeer.
Louis Trichardt se kaptein, Danie Mienie, het in 'n onderhoud direk ná Saterdag se wedstryd...