"Help ons asseblief om ons babadogtertjie aan die lewe te hou. Julle goedhartigheid, vrygewigheid en gebede beteken meer as wat woorde kan sê." Dit was die hartroerende pleidooi van 'n jong ouerpaar van Louis Trichardt wie se babadogtertjie sedert verlede Donderdag om haar lewe veg.
Pa Carel (34) en ma Biaté (32) van Wyk beleef tans enige ouer se ergste nagmerrie. Hulle vier-maande-oue babadogtertjie, Leah, het teen druktyd steeds in 'n kritieke toestand in die intensiewe-sorgeenheid v...