Hettie Viljoen, welbekende eienares van Heidi en Peter Kleuterskool op Louis Trichardt, het verlede Vrydagaand 'n ernstige beroerte gehad.
Hettie moes inderhaas as privaatpasiënt by Crestcare Zoutpansberg opgeneem word. "My ouers het ongelukkig nie 'n mediese fonds nie. Ons moes baie vinnig 'n plan maak om die geld bymekaar te kry om haar in die intensiewesorg eenheid te laat opneem. Die hospitaal moes eers volle betaling ontvang voordat hulle haar kon help," sê Linké Viljoen, Hettie s...