Hoërskool Louis Trichardt se atlete het Vrydag, 7 Februarie, aan die Frikkie Deysel-atletiekbyeenkoms in Tzaneen by Merensky Landbou Akademie deelgeneem. Die Triegies het hulle goed van hulle taak gekwyt, met talle podiumplekke en selfs 'n rekord.
Mukhethwa Ramahala palm in die driesprong vir seuns o.19 'n eerste plek in, met Mufunwa Maliavusa wat eerste plekke behaal het in die 110 meter hekkies, driesprong, verspring en hoogspring vir seuns o.17. Kailey Botes verwerf eerste plekke in...