Presies ses maande duskant sy honderdste verjaardag is die Soutpansberg se welbekende oom Ted Uys oorlede.
"My pa het altyd 'n 'ding' met die syfer vyf gehad: hy is op 5 Oktober 1925 in Standerton gebore. Sy geboortedatum het 'n paar vywe in as 'n mens die tiende maand sien as twee vywe. En daar is hy toe op 5 April 2025 oorlede," sê oom Ted se dogter Tebra (Uys) du Plessis. "Hy was nie siek nie, hy was moeg geleef," voeg sy by.
"My pa was die vyftiende van sestien kinders. Hull...