Zoutpansberger
News

Is ‘n naamsverandering vir Louis Trichardt weer op die agenda?

McKenzie se aankondiging skep onenigheid oor dorpsnaamsveranderinge

By Anton van Zyl • 11 February 2026
Is ‘n naamsverandering vir Louis Trichardt weer op die agenda?

Minister Gayton McKenzie se onlangse aankondiging oor die verandering van 21 plekname het heelwat ongelukkigheid veroorsaak. Daar is ook verwys na twee dorpe in Limpopo, maar of dit Louis Trichardt insluit, is onseker.

Die herrie wat losgebreek het nadat minister Gayton McKenzie aangekondig het dat verskeie van die land se dorpsname gaan verander, het nog lank nie gaan lê nie. Daar is ook verwys na twee dorpe in Limpopo, maar of dit Louis Trichardt insluit, is onseker.

McKenzie, wat tans minister van Sport, Kuns en Kultuur is, se aankondiging op 29 Januarie vanjaar het heelwat ongelukkigheid veroorsaak. Daar was diegene wat reken dat behoorlike konsultasieprosesse nie gevolg is nie en dat dit bloot po...

Read more on our website