Die skielik dood van die 53-jarige Jaco Cloete van Louis Trichardt aan 'n hartaanval die afgelope naweek het nie net vir sy familie as groot skok gekom nie, maar ook vir al sy vriende.
Volgens Jaco se vrou Alice het hulle nog Saterdag (27ste) saam dorp toe gegaan, waarna Jaco huis toe is om sy heining te snoei. Terwyl hy hiermee besig was, het hy skielik vir Alice gesĂȘ sy moet hom vashou, want hy is geweldig duiselig.
"Hy het net inmekaar gesak," het Alice Dinsdag aan die koeran...