Inwoners van Louis Trichardt is verlede Vrydagoggend (22ste) stomgeslaan met die nuus van die skielike dood van die 48-jarige Jacques Wepener, wat 'n massiewe hartaanval gehad het terwyl hy met sy trapfiets in Songozwistraat gery het.
Vir skoonouers Simon en Alida Miller was dit veral 'n onwerklikheid. "Ek het hom nog die oggend gebel, want ek wou hê hy moes my kom help met my boot en sommer dan die dag by ons kuier," het Simon Dinsdag gesê. Maar Jacques het vir Simon gesê dat hy eers ...