Met Jan "Slang" van Rooyen van Louis Trichardt gaan dinge aansienlik beter, nadat 'n wipneuskobra hom op 23 Februarie aan die linker wysvinger gebyt het.
Jan het letterlik by die dood omgedraai en is een van bitter min mense wat die vol byt van 'n volwasse kobra van bykans twee meter kon oorleef sonder teengif en regte behandeling teen die gif van die slang. Die wipneuskobra se gif is beide neuro- en sitotoksies. Die neurotoksiese gif is meer prominent omdat dit die senuweestelsel aant...