Jan "Slang" van Rooyen is 'n trotse mens en nie iemand wat sommer vir hulp sal vra nie. Tog sal hy uit sy pad uit gaan om ander te help, soos wat hy doen om probleemslange kosteloos by mense te kom verwyder. Onlangse gebeure noop nou dat inwoners hulle harte en hande ook vir Jan sal oopmaak in sy uur van nood.
Jan is op 23 Februarie deur 'n wipneuskobra aan sy linker wysvinger gebyt. Die slang het hom 'n vol dosis gif toegedien en Jan is dadelik na die Louis Trichardt Gedenkhospitaal v...