Alhoewel daar steeds vir hom 'n lang pad van herstel voorlê, gaan dit heelwat beter met die 26-jarige Jandré Cronjé van Louis Trichardt wat verlede Woensdag, 27 November, ernstig beseer is in 'n motorongeluk.
Die ongeluk het gedurende die vroeë oggendure omstreeks 01:00 plaasgevind naby Danie Jooste se slaghuis op die R524 (Levubu-pad). Jandré was op pad huis toe, toe die voertuig waarin hy op reis was gerol het. Geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie.
Jandré het er...