Presies 'n jaar gelede is inwoners van Levubu en omstreke gevra om Levubu Wes te ondersteun met hulle reeds bestaande kamera-projek. Die oogmerk van die projek is om 'n ekstra lyn van verdediging en veiligheid daar te stel vir die inwoners van diƩ gebied, maar die bestaande stelsel het dringende opgradering nodig gehad.
Levubu Wes is 'n maatskappy wat in 2016 gesamentlik deur die Bridelia Groep en Amana Boerdery gestig is. Die projek het behels die aanbring van geoutomatiseerde hekke e...