Die veiligheid van kinders by skole het verlede Donderdag, 15 Februarie, weer onder die loep gekom ná 'n insident by Laerskool Louis Trichardt, waar 'n verdagte persoon die terrein betree het maar te danke aan flinke optrede vinnig vasgetrek en verwyder kon word.
Nadat die skool 'n kort boodskap aan ouers gestuur het oor die voorval, het die tonge behoorlik geklap. Die boodskap het gelees: "Geagte ouers/voogde. Daar het vandag 'n verdagte persoon ons terrein betree. Die man is gewaar d...