Die moordsaak teen die 24-jarige Duncan Koekemoer van Louis Trichardt is vandag, 30 Januarie, in die Vuwani-landdroshof tot 10 Maart uitgestel vir verdere polisieondersoek. Koekemoer, wat tereg staan op die moord van die 22-jarige Reuben Marsberg, bly in aanhouding. Hy staan tereg op aanklagte van moord, die besit van gesteelde goedere, huisbraak met die doel om te steel en roof met verswarende omstandighede.
Die saak spruit uit die gru-vonds van ’n erg ontbinde lyk agter die maksi...