Die 24-jarige Duncan Koekemoer bly steeds in aanhouding nadat sy borgtogaansoek op 12 Mei van die hand gewys is. Hy het in die Vuwani-landdroshof verskyn op drie aanklagte, naamlik moord met voorbedagte rade, huisbraak met die opset om te roof met verswarende omstandighede en die besit van gesteelde eiendom.
Koekemoer het die afgelope twee weke drie keer in die Vuwani-landdroshof (28 April, 7 Mei en 12 Mei) gepoog om borgtog toegestaan te kry, maar telkens misluk. Hy word daarvan beskul...