Die borgtogaansoek van die 24-jarige Duncan Koekemoer van Louis Trichardt is Dinsdag 28 April in die Vuwani-landdroshof verdaag nadat sy pas aangestelde prokureur aangedui het dat hy nog nie gereed is om voort te gaan nie.
Koekemoer staan tereg op ’n aanklag dat hy die 22-jarige Reuben Marsberg van KwaZulu-Natal met voorbedagte rade vermoor het. Hy is in Desember verlede jaar in hegtenis geneem en is sedertdien steeds in aanhouding.
Koekemoer moes egter Dinsdag weer onverrigter sa...