Die vermoorde Reuben Marsberg (22) se familie het in roerende briewe gevra dat sy vermeende moordenaar nie op borgtog vrygelaat word nie.
Dit het dié week aan die lig gekom dat die 24-jarige Duncan Koekemoer van Louis Trichardt van plan is om ’n borgtogaansoek by die landdroshof in Vuwani in te dien.
Virginia Marsberg, Reuben se ma, het vriende en familie gevra om die briewe saam te stel sodat Koekemoer se aansoek teengestaan kan word.
Koekemoer is al sedert Desember verlede...