Ná 39 jaar van diens roep die Soutpansberg se welbekende kolonel Bez Bezuidenhout die Suid-Afrikaanse Polisiediens vaarwel toe, met nuwe vooruitsigte vanaf 1 Januarie 2026.
In die Soutpansberg het Bezuidenhout geen bekendstelling nodig nie. Nie net het hy hier grootgeword nie, maar ook sy ouers en voorouers. Hy is in 1967 in die ou kraaminrigting (vandag die Zoutpansberg Privaathospitaal) gebore, en sy familie is al ses generasies lank in die streek woonagtig.
Nadat Bez sy hoërsko...