Die water van die Limpoporivier wat skielik groen verkleur het, het die afgelope week mense op hol gehad, met vrese dat dit die gevolg van 'n grootskaalse besoedelingsgebeurtenis kon wees. Beide die regering en privaat instansies het intussen begin om watermonsters te neem en weg te stuur vir ontleding.
'n Stemboodskap wat in Musina die afgelope naweek die ronde begin doen het, het bygedra tot die paniek. In die stemboodskap, deur 'n persoon wat homself nie identifiseer of sĂȘ vanwaar h...