Verskeie plunderaars het hulle rieme styfgeloop met die lang arm van die gereg, nadat hulle goedere gesteel het vanaf die vragmotor wat Dinsdagoggend by die eerste Witvlag-afdraaipad op die N1 noord net buite Louis Trichardt omgeslaan het.
Die ongeluk het net ná 05:30 die oggend plaasgevind. "Ons is ontbied om bystand op die toneel te kom gee. Toe ons daar aankom, was die vragmotor so te sê alreeds leeg gesteel," het 'n lid van 'n plaaslike sekuriteitsmaatskappy gesê. Hy het gevra om a...