Die visvang gode was avonturier vlieghengelaar Stephan Gaigher van Louis Trichardt weereens goedgesind, met nog 'n monstervangs wat hy kan doodtrek op sy emmerskoplysie.
Van kindsbeen af was Stephan se droom om eendag die Amasone te besoek. Dié droom was hom beskore en begin November het hy homself saam met sy vrou Lesley in die Amasone-kom bevind. Daar aangekom was die volgende item op sy wenslysie om 'n monster arapaima met 'n vliegstok te land. Dit het hy toe wel op 7 November regge...