'n Laaste eerbetoon is verlede Donderdag, 8 Augustus, deur familie en vriende gebring aan bekende Louis Trichardt sakeman André van Zyl (63) toe hy in die familiebegraafplaas op Bethlehem ter aarde bestel is.
Wyle André is ná 'n lang stryd teen kanker op 29 Julie by sy huis op Louis Trichardt oorlede, omring deur sy familie. "Ons wil graag dankie sê aan almal wat hom in sy stryd teen kanker deur die jare ondersteun het, so ook in sy laaste dae. Graag bedank ons vir dr Casper Venter wat...