Vriende en kennisse het die afgelope week met hartseer afskeid geneem van die 81-jarige Soekie Bierma, wat op Valentynsdag (14 Februarie) oorlede is. Sy was ten tyde van haar dood 'n inwoner van Ons Tuiste Ouetehuis in Louis Trichardt.
Gebore as Johanna Cecilia Wessels op 11 Desember 1943, sou Soekie (soos almal haar geken het) later met haar man, Kelwin Bierma, in Harrismith trou. Uit die huwelik is twee kinders gebore: seun Louis en dogter Louizè. Die egpaar het in 'n stadium na Loui...