Landbou Aktief het verlede week die Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, se besluit verwelkom om die aansoek vir goedkeuring vir die voorgestelde ±250 km 400kV-kraglyn tussen Mokopane en Nzhelele af te keur.
“Hierdie besluit volg na meer as ’n dekade van betrokkenheid deur die landbougemeenskap, insluitend die Vivo Boerevereniging, wat sedert 2012 volgehoue insette gelewer het oor die impak van die voorgestelde ontwikkeling op produktiewe landbougrond, bestaande...