’n Nuwe landbou-inisiatief, Landbou Aktief (Agri Active) is op 17 Maart amptelik in Polokwane bekendgestel tydens ’n byeenkoms van boere en belanghebbendes uit die landbougemeenskap.
Die vereniging is gestig met die doel om dinamiese, aktiewe en praktiese ondersteuning en oplossings te bevorder vir die uitdagings wat produsente en landelike gemeenskappe op grondvlak ervaar.
Tydens die geleentheid is die Grondwet van Landbou Aktief formeel aanvaar en onderteken deur die stigtersled...