Inwoners, en veral dié wat nie hou van koud kry nie, sal bly wees om te hoor dat die winter amptelik begin draai het op Donderdag, 20 Junie. Bekend as die wintersonstilstand (winter solstice), was dit ook die langste nag en kortste dag van die jaar gewees.
Die sonstilstand is wanneer die son, gemeet in afstand van die aarde af, sy mees noordelike of suidelike posisie bereik. Op die aarde word hierdie posisies aangedui deur die twee keerkringe, naamlik die Kreefskeerkring in di...