Afrikaans is vanjaar 100 jaar oud. Dit is ook die 100ste verjaardag van die Transvaalse Vroue Landbou-unie (TVLU). Tydens hierdie verjaardag-jaar is daar sommer baie om te vier.
Ons omgewing se eie Leanda le Cornu is sinoniem met die VLU. Tydens die 30ste VLU Noord Kongres op 8 Mei by Weesgerus-vakansieoord buite Modimolle is Leanda weer as president verkies. Sy neem die leisels oor by Ria Strydom van Strewe-tak in die Bosveld-streek. Ria het juis vanaf 2021 by Leanda oorgeneem.
<...