Daar is weer lekker plaaslike klubrugby op die spyskaart eerskomende Saterdag, 2 Augustus, wanneer Louis Trichardt se eerste en derde rugbyspanne uitdraf teen Noordelikes 1 en 3 van Polokwane.
Volgens Brian du Plooy, voorsitter van die Louis Trichardt Rugbyklub, sou die dorp se tweedes aanvanklik ook speel, maar aangesien dit nie 'n liga-bepaling vir hulle sou wees nie en die span bietjie sukkel met beserings, gaan hierdie wedstryd nie voort nie.
Tog beloof die ander wedstryde w...