Louis Trichardt het op 19 April weer gasheer gespeel vir die Limpopo Sterkman- (en -vrou) kompetisie, met deelnemers van regoor die land wat kom meeding het.
"Dit was 'n groot sukses. Die ouens wat van Gauteng af gekom het, was baie tevrede met die kompetisie. Ons mik nou daarna om volgende jaar daarop te verbeter," het bekende plaaslike sterkman en mede-organiseerder Leon le Roux gesĂȘ. Die kompetisie is by Muscle Den in Louis Trichardt aangebied, onder leiding van Paul's Body Shop van...