Inwoners van die omgewing is verslae ná die skielike afsterwe van die welbekende Louis Gossmann van Louis Trichardt op Dinsdag, 14 Januarie. Louis het op daardie dag met 'n nuwe projek, om 'n staalstoor aan die agterkant toe te maak, begin. Hy is dieselfde middag op die perseel aan 'n hartaanval oorlede.
"God het my pa hier op aarde gesit om mense te help. Hy het altyd 'n klip uit iemand se pad gerol," sê Ludwig Gossmann, Louis se seun. Baie sal vir Louis spesifiek onthou as iemand wat...