Op Maandag, 15 Junie, het die Louis Trichardt Boerevereniging ’n nuwe fase betree met die verkiesing van Jacques Bouwer as voorsitter.
Bouwer, ’n bekende naam in plaaslike boerderykringe en veiligheidstrukture, bring volgens lede hernude energie en fokus na die vereniging. Hy sal bygestaan word deur Doors le Roux as ondervoorsitter, wat self goed bekend is in die streek en beskryf word as ’n persoon wat waardevolle wysheid en volharding na die bestuurstafel bring.
In sy aanvaardin...