Plaaslike rugbygeesdriftiges is die afgelope naweek ietwat teleurgesteld gelaat, nadat die Castle Lager Superliga-wedstryd tussen Louis Trichardt se eerste rugbyspan en die manne van die Northam Rhinos uitgestel moes word. Die wedstryd is intussen herskeduleer vir eerskomende Saterdag.
Swaar reën en grootskaalse vloede in die Thabazimbi-omgewing het daartoe gelei dat die wedstryd uitgestel moes word. Die wedstryd sou by die Bushveld Park-stadion in Setaria (Thabazimbi) plaasgevind het,...