Die Louis Trichardt Rugbyklub se eerste en derde rugbyspanne het Saterdag, 10 Mei, amptelik hulle provinsiale rugbyseisoen afgeskop met twee strawwe kragmetings teen die Northam Rhinos.
Die Northam Rhinos het tuisveldvoordeel geniet, met Saterdag se wedstryde wat by Setaria Bushveld Park in Northam beslis is. Dit was egter redelik eenrigting verkeer vanaf Northam se kant met Louis Trichardt se derdes wat 5-50 die onderspit delf, waarna die eerstes 17-57 die knie moes buig.
"Ek d...